Call

0860 50 50 50

or leave your info below and we'll call you back
OR

Car Insurance Quotes

English version

Onklaarraking van masjinerie: Verslegting van voorraad

Wanneer jou lewe deur onvoorsiene gebeurlikhede versuur word, kan die koning se dekking jou help om die soet terug te kry

In kort

Met King Price sal jy nie ’n tekort aan dekking hê vir wat gebeur as die ligte doodgaan nie. Jy kan op ons betroubaarheid staatmaak om jou besigheid te beskerm indien goedere weens sekere onbeplande voorvalle versleg.

Jy’s gedek vir die verslegting van die goedere in die koelkamer/s op jou perseel, as gevolg van kontaminasie deur koelmiddels of die skielike en onvoorsiene onderbreking van die openbare kragvoorsiening by die eindpunte van die voorsieningsowerheid se toevoerlyne by die perseel.

Verlies van of skade aan eiendom as gevolg van of veroorsaak deur:

  • Onbehoorlike berging en beskadigde verpakking.
  • Verkeerde bergingstemperatuur.
  • Boetes, gevolglike verlies en aanspreeklikheid.
  • Onderbrekings van kragtoevoer.
  • Krimping, en inherente en natuurlike oorsake.
  • Tydelike herstelwerk.
  • Opsetlike dade/nalatigheid.
  • Kontaminasie en besoedeling van wynvoorraad.