Call

0860 21 00 00

or leave your info below and we'll call you back
OR

Car Insurance Quotes

English version

Sake: Alle risiko’s

Gemoedsrus, op enige plek in die wêreld

In kort

King Price se versekering vir ‘Sake: Alle risiko’s’ sal jou dek vir die verlies van of skade aan versekerde items op enige plek in die wêreld… Solank hierdie items net in jou polisbylae aangeteken is.

  • Jou eiendom

    Jy’s gedek vir die verlies van of skade aan jou eiendom op enige plek in die wêreld, weens ’n ongeluk of voorval wat nie in jou polisbylae uitgesluit word nie.

  • Jou gaste se eiendom

    Jy’s ook gedek vir die verlies van of skade aan die eiendom van jou gaste/kliënte, solank dit veroorsaak is deur ’n ongeluk wat verband hou met kommersiële jag en wildbesigtiging.

Verlies van of skade aan eiendom as gevolg van of veroorsaak deur:

  • Diefstal uit ’n onbewaakte voertuig (met ’n lys van uitsonderings wat in jou polisbylae aangeteken is).
  • ’n Skoonmaak-, herstel-, kleur-, bleik-, verbouings- of herstelproses.
  • Inherente gebrek of defek, goggas, insekte, vogtigheid, skimmel of roes.
  • Die oneerlikheid van jou prinsipaal, vennoot, direkteur, lid of werknemer.
  • Terughouding, konfiskering of rekwisisie deur doeane of ander beamptes of owerhede.
  • Slytasie of geleidelike agteruitgang.
  • Meganiese, elektroniese of elektriese onklaarraking, faling, brekasie of versteuring.

Asook verlies van of skade aan:

  • Kontant, bank- en valutanote, muntstukke, obligasies, koepons, seëls, verhandelbare instrumente, transportaktes, manuskripte of sekuriteite van enige aard.
  • Goedere wat volgens ’n vragbrief versend word.
  • Verhoging in bedryfskoste.
  • Nie-kragdadige en nie-gewelddadige betreding.
  • Oproer en staking.